Skape kan met ‘n verskeidenheid Clostridiale siektes besmet word. Die mees algemene een is bloednier (Clostridium perfringens Tipe D).
Die baktrieȅ word in die skape se dermkanaal aangetref. Dit het die vermoȅ om weerstandige spore in die grond te vorm, en word gekonsenteer in areas met ‘n hoȅ skaapbelading.
Clostridiale siektes hou ‘n groot gevaar vir ongeȅnte skape in, of skape wat onvolledig of verkeerd geȅnt is. Groot verliese kan gely word. Die diere vrek binne ure na die vinnige vermeerdering van die bakterieȅ met endotoksien produksie, en behandeling is onsuksesvol. Lammers word goed beskerm deur die inname van voldoende biesmelk van geȅnte moeders.
Clostridium perfringens Type A: Enterotoksemie, rooiderm
Clostridium perfringens Type B: Bloedpens
Clostridium perfringens Type C: Nekrotiese enteritis
Clostridium perfringens Type D: Enterotoksemie, Bloednier
Clostridium chauvoei : Sponssiekte
Clostridium novyi Type B: Aansteeklike Nekrotiese Hepatitis
Clostridium septicum: Kwaadaardige Edeem, Dikkopsiekte
Clostridium tetani: Tetanus, Klem-in-die-kaak
Clostridium sordelli: Skielike dood sindroom, hemoragiese enteritis
Clostridium haemolyticum; Basillȇre hemoglobinurie
Clostridium botulinum: Lamsiekte
Entingsprogram
Die entstof word onderhuids toegedien, verkieslik onder die los vel voor die skouer, langs die nek. Lees die vervaardigers se gebruiksaanwysings voordat enige produk gebruik word.
Lammers en volwasse ( voorheen ongeȅnte) skape kry elk 2 dosisse entstof, met ‘n tussenpose van 6 weke en daarna ‘n jaarlikse enting met ‘n produk wat die nodige Clostridium -stamme bevat. Immuniteit sal voldoende ontwikkel wees 14 dae na die tweede enting, en duur vir ongeveer ‘n jaar. Ooie behoort hulle jaarlikese inenting 2 tot 6 weke voor lamming te kry. Dit sal die passiewe immuniteit in die lam verseker wat tot 12 weke duur. Lammers kan egter vanaf 2 weke ouderdom ingeȇnt word, ongeag die entingstatus van die ooi.
Dr Hercu van Niekerk BVSc Hons
Dr Lesley Te Brugge BSc BVSc